EMILY IN PARIS (Reeks)

EMILY IN PARIS (Reeks)

Die storie is baie onwaarskynlik. Dit het ontstaan by ‘n idee van Darren Starr, wat destyds Sex and the City gemaak het. Dit is amper soortgelyk, maar die meisie is net baie kuiser. Jong Emily (Lily Collins) beland in Parys by ‘n groot parfuumfirma. Sy kan glad nie Frans praat nie, nog minder hou die Franse van haar, behalwe die mans wat haar die hof wil maak. Die wyse waarop sy die stad ervaar en vriende probeer maak, haar lighartige afmaak van struikelblokke, en beeldskone skote van Parys deur die oë van ‘n vreemdeling maak EMILY IN PARIS supervermaaklik. Elke episode is 30 minute lank. Jy hoef dus nie te dink of eintlik te konsentreer nie, dis een van daardie  gemaklike reekse wat net oor jou spoel.