Endless Love

Endless Love

Tom Cruise het in 1981 sy debuut in Endless Love vir Franco Zeffirelli gemaak. Toe maak Shana Feste die rolprent oor in 2014. Hoekom sal net sy weet.

Dis ‘n doodgewone stroop-besmette liefdesverhaal waar jy later verstik aan die soetsappigheid. ‘n Meisie raak op die verkeerde man verlief, of is hy regtig gevaarlik? Dan word ‘n brand gestig. Was dit hy? En word haar lewe bedreig?

Die geheim lê by die hoofrol. Indien die anti-held deur die korrekte akteur gespeel word, kan ‘n mens ENDLESS LOVE nog oorleef, maar Alex Pettyfer het ná Magic Mike sy naam bietjie krater gemaak, en is nie baie gewild in Hollywood nie. Boonop is hy net ‘n mooi gesiggie met ‘n kuif. Hy gee geen waardigheid, balans of gesag aan die jongman wat teen sy agtergrond en verlede veg nie. Daarom is daar ook geen vonk of “chemistry” tussen hom en Gabriella Wilde as sy meisie nie. Mens wonder wat sy in dié vervelige outjie raaksien. Dalk hou sy van kuiwe.

ENDLESS LOVE is bloot as jy na twee mooi mense wil kyk wat bitterlike simpel dinge doen.