Eternals

Eternals

Die epiese ETERNALS is die jongste MARVEL-rolprent waarin superhelde, wat mooier as ‘n sonsondergang is, die planeet na eeue weer van Deviants moet red wat die mensdom wil vernietig. Maar elke Eternal is so sterk gedefinieer, hulle baklei en sien mekaar meer as die Deviants reg, en elkeen soek die kollig.

Jy móét ETERNALS in ‘n teater sien om die musiek, klank, byderwetse spesiale effekte en groter as die lewe self persoonlikhede te waardeer. Vir my was dit te lank (2 uur en 45 minute) en aan die flouerige, onoortuigende kant. Dis minder aksievol as ander Marvel-flieks en dit neem ‘n ruk om te ontsyfer presies wat aangaan. Maar dit waarsku weer eens, die mensdom vernietig homself en het hulp nodig. Richard Madden lyk ongemaklik in ‘n rol wat min van sy akteurstalent vereis. Dit spog ook met die pragtige Anjelina Jolie.