EUPHORIA (Reeks)

EUPHORIA (Reeks)

EUPHORIA op Showmax is ‘n veelbesproke en skokkende tienerreeks, wat eksplisiete seks- en dwelmtonele bevat van die ontspoorde Amerikaanse jeug. Een van die episodes is eintlik een lang gesprek tussen ‘n rebelse dwelmgebruiker en ‘n vriend. Hulle filosofeer oor die dood, dwelms, die lewe, seksualiteit en al die struikelblokke en slaggate in die pad van jongmense in moderne Amerika, en hoe om te oorleef.

Dit bevat brutale skokkende tonele en dialoog, so wees gewaarsku. Veral tieners ouer as 16 mag aanklank hierby vind. Loop katvoet vir EUPHORIA, wat ek 6 uit 10 gee bloot vir die fotografie en die diepte van die gesprekke oor tienerprobleme.