Every Breath You Take

Every Breath You Take

EVERY BREATH YOU TAKE is ‘n sielkundige riller oor die pasiënt van ‘n sielkundige (Casey Affleck) wat selfdood pleeg. Haar broer (die bedreigende Sam Claflin) infiltreer die gesin en wil wraak neem, want hy dink die sielkundige is verantwoordelik vir haar dood. Dan gebeur bisarre dinge met hulle, en almal se lewe is in gevaar. Dis ‘n wrede rolpent, dikwels boeiend, maar totaal voorspelbaar. Die spel is gemiddeld, en mens sien die einde ‘n myl ver aankom en weet wie is te vertrou en wie nie. EVERY BREATH YOU TAKE op Shomax is gemiddeld.