Faraway Downs (Reeks)

Faraway Downs (Reeks)

As daar nou een reeks is wat ‘n mens met ope arms kan aanbeveel (dis so lekker jy wil dit eintlik omhels), is dit FARAWAY DOWNS. Dis ‘n Australiese reeks, gegrond op Baz Luhrmann se rolprent, AUSTRALIA, van 15 jaar gelede, wat gaan oor ‘n jong taai Britse vrou (Nicole Kidman), wat haar oorlede man se plaas erf, maar ‘n wrede beesboer wil dit oorneem. Hugh Jackman as ‘n beestemmer, moet haar teen die boer beskerm.

Die TV-skerm is eintlik te klein om die geweldige Australiese landskap te akkommodeer. Dit oorweldig jou met sy rowwe skoonheid, wat aan die Kalahari en Noord-Kaap herinner. FARAWAY DOWNS het romanse, reuse beesaanjaag-tonele, ‘n woeste skietery, liefde, verraad, en ‘n ontginning van die plaaslike mense se kultuur, wat graag walkabout in die woestyn. Dis op Disney+.