Fast and Furious 9: The Fast Saga

Fast and Furious 9: The Fast Saga

FAST AND FURIOUS 9: THE FAST SAGA se storie is so dun jy kan naaldwerk daarmee doen. Dit lok egter die massas, en veral in 4DX-teaters, waar die stoele saam met die aksie beweeg, reuse Scene Xtreme en Imax-skerms, waar jy deelneem aan die aksie, is dit ‘n uitgaanfilm. Gaan vier die lekkerte van fliek deur na beelde vyf verdiepings hoog te staar met ‘n karakters en aksie groter as ‘n weghol-vragmotor. Vin Diesel se bo-arm sal nie eers in die ateljee inpas nie. Dis net ‘n homp vleis. Die storie is onbelangrik.

Dis die honderde motors en vragmotors wat verpulp word, of verongeluk, wat tel. Is dit waarna jy soek om van inperking te vergeet? Dan is die negende Fast and Furious vir jou. Ek het my gewete verwoes deur dit ses uit tien te gee, want dit verdien minder, maar hoe gee ‘n mens ‘n gradering aan iets wat mense applous laat gee en uitroep?