FAT ALBERT

Dan begin FAT ALBERT vir die heel kleintjies. Dis gegrond op die bekende TV-program en gaan oor ‘n oorgewig seuntjie wat elke dag op televisie optree. Dan spring hy en sy maats eendag uit die TV-stel en verander die lewe van ‘n dogtertjie met ‘n swak selfbeeld. Die van julle wat van BILL COSBY se humor en situasiekomedies hou, mag aanklank hierby vind. Dit spreek vandag se probleme in sewentigstaal aan. Maar dis nie almal se soort humor nie. Kinders mag dol wees daaroor… veral as hulle verveeld is na die skoolvakansie. Maar pa en ma moet maar iets anders kies. FAT ALBERT.