FATMAN

FATMAN

As daar nou een rolprent is waarteen ek ouers en kinders in die ernstigste taal denkbaar wil waarsku, is dit FATMAN, want dit gee voor om ‘n Kersfilm te wees. Ek het letterlik gegru en gegril en uit woede geskree.

‘n Seuntjie wat ontevrede is met sy Kerspresent, stuur ‘n sluipskutter om Kersvader (Mel Gibson) en sy vrou te vermoor. Intussen is hulle kersfabriek deur die Amerikaanse militariste oorgeneem. Mense word by die dosyne doodgeskiet, Kersvader word geskiet, en dan versamel die wreedste, mees onaantreklikste en grillerigste karakters van die jaar. Dis ‘n anti-Kersfeesfilm wat donker humor na nuwe laagtepunte neem.

As FATMAN ‘n stelling wou maak oor kinders wat teleurgesteld is met Kerspresente en wraak neem, is dit ‘n totale ramp. Moet onder geen omstandighede verwag om ‘n vrolike Mel Ginson Kersfilm te sien nie. FATMAN is die grillerigste, sieserigste teleurstelling van die jaar. Sies man!