First Love

First Love

FIRST LOVE is ‘n kolossale teleurstelling. Dit gaan oor jong liefde, en hoe twee jongmense leer dat die weë van die liefde taai is. Die probleem is die regisseur se styl is eentonig. Dis net mense wat staar en mooi musiek en dan weer verlangende stare, en die ouers se probleme wat die storie kompliseer. Die karakters kry nie lewe nie, nog minder gryp hulle storie en die pad na volwassenheid jou aan. En dis regtig vervelig. Hero Fiennes Tiffin, Ralph Fiennes se seun, speel die hoofrol sonder variasie. Dis net Diane Kruger as die ma wat gewig na die oppervlakkige rolprent bring.