Mens kry maar moeilik vat aan hierdie donker komedie uit Australië. ‘n Onortodokse prokureur, half verstar en verstom gespeel deur die skepper van die storie, Kitty Flanagan, kry met die vreemdste sake denkbaar te doen. Boonop is haar persoonlike lewe in chaos.
Sy probeer op die hoogspanningsdraad tussen oortuimel en orde beweeg sonder om haarself te vernietig. FISK gaan eintlik oor ‘n selfvernietingingsproses wat sommige komiese hartsnare sal roer, maar nie almal nie. Met sy aweregse humor is dit op ‘n beperkte smaak gerig. Nie noodwendig hoog op die kykerslys nie.