Five Feet Apart (Rolprent / Showmax)

Five Feet Apart (Rolprent / Showmax)

FIVE FEET APART het skaars ‘n golfie by die loket veroorsaak toe die klippie in 2019 in die water geval het, maar noudat mense self afstande van mekaar moet handhaaf, kry hierdie romantiese drama nuwe woema. Waag hulle dit nader, kan hulle sterf. Dit gaan oor twee verliefdes wat aan sistiese fibrose lei, en wat nie nader as vyf voet van mekaar af mag kom nie, vandaar die titel. Sal die twee smagtende verliefdes, natuurlik albei beeldskoon wat ly in beeldskone kameraskote, daarin slaag om afstand te bewaar? Hulle kom voor groot verleidings te staan as hulle nie aan mekaar mag raak nie, en ons weet deesdae presies hoe dit voel. FIVE FEET APART is gemiddeld en soms bietjie eentonig, maar baie romanties.