FLATLAND

FLATLAND

FLATLAND is, om dit sagkens te stel, ‘n hardebaardfilm met sterk taalgebruik en tonele, dus is jy gewaarsku. Dis  nie ‘n piekniek nie. Twee meisies, die een hoofswanger, vlug te perd van hulle verledes af. ‘n Polisievrou, knap gespeel deur Faith Baloyi, soek hulle en keer dat hulle verder in die moeililkheid beland. Die twee vroue op die perde vorm dan ‘n bondgenootskap, maar daar is baie geraamtes in die kas.

FLATLAND is ‘n sogenaamde Western soos Suid-Afrika nog nooit gesien het nie, met Izel Bezuidenhout wat die vertolking van haar loopbaan lewer, en die uitstekende Nicole Fortuin. ‘n Rateltaaie film waarin harde vroue met skeermesmonde moet veg om in die Karoo te oorleef en ‘n ding op sy naam noem. Jy het energie en ‘n harde persoonlikheid vir FLATLAND nodig.