Free Guy

Free Guy

FREE GUY van die Disney-ateljees sinspeel op ‘n bleeksiel wat sy hele lewe lank gely het onder mense wat hom onderskat het. Die plesiertier, Ryan Reynolds, doen sy bes om bleeksielig en onaantreklik te lyk. Dan ontdek die jafel ‘n bril. Wanneer hy dit opsit, kom daar nog ‘n dimensie in die werklikheid by en sien hy al die boosheid om ons, net in vermaaklike terme. By ons sien ons sommer die chaos sonder ‘n bril. Maar nou ja…

FREE GUY is eintlik vir jongmense, dus sal hulle hulself in koeldrank en springmielies doop van lekkerkry. Dit steek die draak met geeks (dis nou bleeksiel in Afrikaans) wat hulle hele lewe lank voor rekenaarskerms deurbring en die vreemdste kreature optower en van die werklikheid niks weet nie. En Jodie Comer van KILLING EVE-faam is darem maar mooi. Sy speel die vroulike hoofrol en is hoegenaamd nie so moorddadig as in Killing Eve nie.