Ghostbusters: Afterlife

Ghostbusters: Afterlife

GHOSTBUSTERS: AFTERLIFE is ‘n vervolg op die oorspronklike twee rolprente, nie die Melissa McCarthy-poging wat net vroue ingehad het nie. Die dogter van een van die oorspronklike Ghostbusters erf sy eiendom. Die verveelde kinders besef gou: die masjien wat die spoke vang, en ‘n paar lelike grieselgeeste, jaag hulle steeds.

Buitelandse resensente was gaande oor die nostalgie, en dit het uitstekend by die loket gevaar. Die oë-rollende koel, wysneustieners wat dink alles wat hulle ma (‘n uitstekende Carrie Coon) doen, is idioties, is so irriterend, dat die rolprent duidelik op daardie geslag gerig is.

Die eerste 70% was ‘n kolossale pyn in die postuur. Maar dan daag die oorspronklike Ghostbusters plus een se spook op, en van hier af lig die rolprent en kry van sy destydse sjarme terug. GHOSTBUSTERS: AFTERLIFE is vir tieners, maar nie noodwendig vir ouer mense wat die oorspronklikes onthou nie.