Ginny & Georgia (Reeks)

Ginny & Georgia (Reeks)

‘n Opgewekte en koel ma (Georgia), wat op 15 ‘n dogter (Ginny) gehad het, swerf van dorp na dorp, en skop stof in almal se oë so ver sy gaan. In hierdie reeks leer sy haar teruggetrokke en neurotiese dogter om die lewe kaalvuis aan te durf en nie geboelie te word nie. Op humoristiese wyse met skreeusnaakse kwinkslae leer sy haar ook om haar wapenrusting aan te trek wanneer sy met ‘n jongeling uitgaan. ‘n Mens ontspan en aanvaar die lawwigheid ten spyte van jouself, en leef jouself in die groter as die lewe karakters se benarde lewenswyse in. Dit is pret al is dit vergesog en nie een van die beste jeugreekse nie.