GODZILLA VS. KONG

GODZILLA VS. KONG

Sjoe, dis die dae van strydosse. Ek het my dom gesukkel om wakker te bly, want nadat die aanvanklike storie vertel is (Godzilla raak skielik aggressief en King Kong word geroep om die jafel tot bedaring bring), is dit net een groot histrioniese kakofonie. Sê eerlik: hoe lank kan jy kyk na twee kolosse wat baklei en geboue platslaan? En dan kom ‘n derde monster by. Arme Kong. ‘n Reus het ook net twee arms en ‘n akkedis een stert. Dit sal lekker vir springmielie-fliekgangers wees om vir die eerste keer in ‘n jaar ‘n reuse-film oor monsters op die groot skerm te sien, maar dan moet die storie interessanter wees. Jonges sal gek wees daaroor, deurwinterdes sal na ‘n halfuur garagepaai sooibrand kry. Belaglik…