Gold Digger (Reeks)

Gold Digger (Reeks)

Ons ken almal fortuinsoekers, of tant Malie wat op ‘n huwelikseremonie in jou oor fluister: “Daai mannetjie met die stywe broekie is net agter haar geld aan. Ek gee hulle ses maande.” Dis omtrent wat in GOLD DIGGER gebeur.

‘n Skatryk vrou (Julia Ormonde) wat aan die verkeerde kant van 50 trek, raak verlief op ‘n baie mooi, sjarmante outjie (Ben Barnes) met ‘n sagte, gesnoeide baardjie. Hy wil trou, maar het geheime. Haar kinders waarsku haar dat die jafel ‘n bedorwe brokkie is wat agter haar geld aan is. Maar is hy?

GOLDDIGGER speel aanvanklik vernuftig met die idee van oëverblindery, maar soos reekse wat te lank gerek word, gooi dit later soveel draaie, dat jy verdwaal. Nie eers ‘n GPS kan help nie. Dit kon nog gaan, want sulke reekse moet jou onkant vang. Maar dan kom die ontknoping wat onoortuigend is en ‘n mens onbevredig laat.

As jy ‘n reeks wil stroom oor mooi mense wat in benarde situasies beland, mag jy van GOLD DIGGER hou, maar die ratte glip in die laaste episode.