Good Luck to You, Leo Grande

Good Luck to You, Leo Grande

‘n Intelligente en gesofistikeerde middeljarige vrou (Emma Thompson) se man sterf. Haar huwelik was vervelig en sonder bevrediging. Wanneer sy in ‘n hotel beland, huur sy ‘n katelknaap. Hy moet haar alles wys waaroor sy net gedroom het.

Die gesofistikeerde prostituut daag op, sjarmant gespeel deur Daryl McCormack. Sy is te selfbewus om te eksperimenteer. Dit neem verskeie besoeke, gesprekke en filosofering voordat sy finaal besluit. Maar selfs dan wonder sy…

GOOD LUCK TO YOU, LEON GRANDE is nie smerig of aanstootlik nie, want dit gaan oor die wyse waarop ‘n katelknaap en kliënt toegewings moet maak, asook hulle gesprekke met mekaar, wat die knoop van begrip deurhaak. Daarom word dit aanbeveel, ook vanweë Emma Thompson se uitsonderlike spel. Die beperking is niemand onder 16 oor seks, taal en naaktonele. Dit word aanbeveel as jy oopkop fliek en nie bang is om kanse te waag nie. Onthou, 80% van die fliek bestaan uit ‘n gesprek in ‘n hotelkamer.