Gossip Girl

Gossip Girl

Wanneer ‘n vervaardiger en skrywer met ‘n nuwe idee vorendag kom soos ‘n dekade gelede se GOSSIP GIRL, wat miljoene jong meisies gaande gehad het, kyk almal. Maar soveel jare later is die storie nie meer relevant nie, en lyk die karakters asof hulle te hard probeer om die oorspronklike sjarme na te boots. Hulle misluk ongelukkig. Jammer, maar Showmax se nuwe GOSSIP GIRL werk glad nie.