GREENLAND

GREENLAND

GREENLAND spog met Gerard Butler in die hoofrol in die gewone gedaante waar hy sterk, manlik en vreesloos is. Rampfilms neem deesdae ‘n nuwe vorm aan, veral in die lig van die Covid-pandemie. Diié slag storm ‘n meteoor op die aarde af, wat in honderde stukkies opbreek en 75% van die planeet uitwis. Maar ons held, heldin en diabetiese seuntjie vlug Groenland toe, waar die impak op sy ligste sal wees.

Die fliek het duidelik nie ’n reuse-begroting gehad nie, dus is die spesiale effekte, wat jou moontlik aantrek, wel daar, maar nie so groot soos bv. in Armageddon of Independence Day nie. Daar word meer op die menslike aspek gefokus met die komeet as bysaak, behalwe in stil foto’s op televisie wat die gevolge van die impak wys en enkele ontploffings.

GREENLAND is ‘n lig-in-die-stewel rampfilm, maar kan tog 2 ure soos ‘n Slush Puppy laat verbyglip, en jy kan geld daarop uitgee as jy uit die huis wil uitkom.