Gunther’s Millions (Reeks / Netflix)

Gunther’s Millions (Reeks / Netflix)

Het jy al van ‘n brak gehoor wat ‘n miljardêr geword het? Mense glo nie wat hulle hoor nie, want Gunther, ‘n wolfhond, het letterlik miljarde geërf. Sy eienares het bepaal dat haar hele fortuin aan die brak nagelaat moet word, en dat hy opgepas moet word en mense hom moet versorg. Indien hy sou sterf, kan sy kinders of brakkies verder deel in sy skatte.

Klink dit te goed om waar te wees? Dis wat gebeur in die dokumentêre reeks, GUNTHER’S MILLIONS, wat wys hoe opportunisties mense en kansvatters kan wees. Almal spring vir die kans om Gunther buiteland toe te neem, en vir hom watertand peperduur etes te koop… sodat hulle daarin kan deel. Die hele storie raak buite beheer en maak GUNTHER’S MILLIONS die soort verhaal wat jy gebruik om daai leë stiltes, as jy  aan ‘n etenstafel sit en die gesprek droog op, te vul. Ek sou nie verder as episode 2 kyk nie (daar is 4 episodes), maar dit wys jou net hoe ‘n onnadenkende nalatenskap vreemdes kan bevoordeel terwyl die hond net sowel pap en melk kon gevreet het. GUNTHER’S MILLIONS is so-so, maar jy moet dit sien om te glo. Gemiddelde vermaak.