Waarmee skrywers darem ook nie vorendag kom nie. GYPSY is ‘n vreemde reeks. Naomi Watts speel die rol van ‘n berader/sielkundige. Die oomblik wat jy “berader” sien weet jy, die berader het eintlik berading nodig. En dis presies wat hier gebeur. Maar daar is ‘n paar knope in hierdie galgtou. Sy raak betrokke by haar pasiënte se persoonlike sake, veral hulle minnaars en familie. ‘n Resep vir ‘n ramp.
As jy lus is vir iets anders, onthou GYPSY beweeg baie stadig en die storie loop in te vele rigtings. Die berader oortuig ook nie heeltemal nie, en ‘n mens wonder hoe sy ooit die werk gekry het, laat staan nog haar eie huishouding aan die gang hou.
Kyk GYPSY op Netflix as jy in die bui is vir iets anders en ingewikkeld, maar dis nie noodwendig baie goed nie. ‘n Aangeleerde smaak.