Halftime

Halftime

HALFTIME gaan oor die sangeres, danseres, glanspersoonlikheid en aktrise Jennifer Lopez. Dit gee ‘n intieme blik soos selde tevore, en is nogal onderhoudend. Mej. Lopez het omtrent 25 jaar geneem om behoorlik naam te maak. Voordat sy die hoofrol in HUSTLERS gespeel het, was sy ook die uitvoerende regisseur, en is daar dikwels teen haar gedikrimineer. Mense wat in skinderstories belangstel, sal weet dat sy ‘n veelbesproke verhouding met die akteur Ben  Affleck gehad het. Hulle is later in banieropskrifte uitmekaar.

Ons leer haar ken vandat sy ‘n koppige en voortvarende, maar slim dogtertjie was, tot vandag. Die dokkie draal miskien te veel asof hulle 90 minute probeer vul en tyd wil opmaak, maar dis tog interessant.