HAROLD & KUMAR GO TO WHITE CASTLE

Die swakste film van die jaar begin vandag. Het ek geweet waarvoor ek myself inlaat, het ek nie net ‘n kannetjie lugverfrisser saamgeneem om die lug te suiwer nie, maar ook ‘n kannetjie DOOM om die akteurs mee by te kom! HAROLD & KUMAR GO TO WHITE CASTLE is ‘n vieslike, growwe, skreiende swak komedie waarin twee manne hulle na die laagste van die lae komedie wend. Die humor verander die toilet in die troon van swak smaak. Elke toneel het iets wat iemand sal aanstoot gee. Daarom: as jy ‘n student of skolier is wat lus is vir iets grofs en verbysterend kommen en platvloers, sal jy jou maats saamsleep om ‘n tweede keer te gaan kyk. Maar enigiemand wat genoeg gehad het van VAN WILDER, EUROTRIP en ROADTRIP-humor… bly so ver weg van HAROLD & KUMAR GO TO WHITECASTLE as wat Superman van kriptoniet sal wegbly. Dit kry 1 uit 10. SIESSSSS!