HEAD IN THE CLOUDS

HEAD IN THE CLOUDS is ‘n pretensieuse kunsfliek met ons eie Charlize Theron in die hoofrol teenoor die smooch in haar lewe, Stuart Townsend, en Penelope Cruz. Dit gaan oor ‘n sosiale vlinder gedurende die Tweede Wêreldoorlog wat a-polities wou bly, maar haar lewe en loopbaan in gevaar stel as sy by ‘n Nazi-offisier betrokke raak. Hoe beïnvloed dit haar lewe? HEAD IN THE CLOUDS is ongelukkig ‘n doodgewone fliek wat sy lyf kunsprent hou. Dit probeer baie hard op kuns te wees, maar is pretensieus, stadig, selfbewus en aan die vervelige kant. Alles word verglans en as oordadig beeldskoon aangebied. Al rede hoekom mens gaan kyk, is om Charlize te sien. HEAD IN THE CLOUDS is nie naastenby so goed soos die plakkaat voorgee nie