HELLBOY

HELLBOY gaan strokiesaanhangers gaande hê. Ek ken die strokie, en die regisseur het presies daarin geslaag om die donker atmosfeer, maar ook Gotiese atmosfeer, weer te gee. Dis kleurvol, gewelddadig, stylvol en in tipiese strokiesstyl gemaak. Ek was gehipnotiseer deur wat ek gesien het en beskou dit as een van die beste rolprentstrokies wat ek nog gesien het. HELLBOY kry 8 uit 10. As jy van donker strokies soos Batman hou, is hierdie een vir jou…