Here Today

Here Today

HERE TODAY gaan oor ‘n man wat in die vroeë stadium van demensie is, en besig is om sieker te word, tot hy die hede glad nie kan onthou nie. Billy Crystal het die rolprent geregisseer en van ‘n verhoogstuk verwerk. Dit maak mens dikwels bewoë, want jy lag met ‘n traan. Dalk ken jy iemand wat demensie het, maar anders as die baie wreder The Father, sien Billy Crystal donker humor in sy held se verhaal. Selfs hoop.

Dit wemel van slim en gevatte kwinkslae. Die storie is op mense bo 30 gerig, en die karakters is rustige, alledaagse mense. Soms is die kyker oorbewus van die draaiboek en uitgedinkte sêgoed en raak dit bietjie soos ‘n sitkom, maar HERE TODAY bly vermaaklik, hartseer, melancholies en baie menslik.