13:00 - 14:00

Spesiale uitsending

Met Terrance April

Nou op die lug: 14:00 - 15:00

Radioteater

Volgende: 15:00 - 16:00

RSG Konsertbederf

Met Willem Pelser

16:00 - 17:00

Spesiale uitsending

Met Flip Loots

Tuis | Programskedule

Programskedule

Nic de Jager

12:00 - 13:00

Nic de Jager speel musiek wat hy oor ’n hele paar dekades ontdek en versamel het.

Terrance April

13:00 - 14:00

STABAT MATER
Die Stabat Mater se ontstaan word dikwels bevraagteken. Sommige meen ‘n vorige Pous het die woorde van die lied geskryf en opgedra aan Moeder Maria wat ween aan die voet van die kruis. Ander sê nonne van ‘n klooster het dit saamgestel. Verskillende komponiste het musiek vir die lied gekomponeer. Hulle het soms erg afgewyk van die oorspronklike teks, wat aanvanklik uit 20 dele of strofes bestaan het. Vivaldi het slegs ‘n deel van die Stabat Mater-teks getoonset, terwyl ander die volgorde van die dele omgedraai het. Die meeste komponiste het die werk vir vier solostemme gekomponeer met koor- en orkesdele. Johannes Vanhal het slegs een solostem gebruik. Ander bekende komponiste wat bygedra het tot die Stabat Mater repertorium is Schubert, Haydn, Dvorak, Rossini en Karl Jenkins. In byna al die weergawes is die Latynse teks behou.

Geen aanbieders

14:00 - 15:00

LAM VIR DIE PASE deur Nico Luwes
Regie: Eddie de Jager
400 jaar van stilte word verbreek. Sal jy trek of sal jy agterbly? Is die opoffering die moeite werd? Hierdie ou verhaal speel af in die tyd van die Israelitiese slawerny in Egipte. Dit trek die baadjie aan van gewone mense wat voor moeilike besluite te staan kom. Menslikheid en geloof ontmoet mekaar in ‘n verhoogteks uit 1990, keurig verwerk vir die radio dur Nico Luwes.

Die spelers is Duncan Johnson, Henriëtta (Gryfenberg) Plattner, Elzabé Zietsman, Claudia Jones, Kaz McFadden, Francois van Rensburg en Dihan Keun.

Willem Pelser

15:00 - 16:00

TWEE KONSERTE VIR DIE PASE
‘n Samewerkings-projek tussen RSG, Salon Musiek en die Gauteng Filharmoniese orkes. Jy kan uitsien na Mendelssohn se Klavierkonsert no.1 met Peter Cartwright as solis. Dit word gevolg deur Mozart se enigste voltooide klarinetkwintet met David Cyster wat voor speel.

Flip Loots

16:00 - 17:00

GOEIE VRYDAG IN DIE BYBEL… EN VANDAG
Goeie Vrydag is vir Christene ‘n belangrike dag waarop Jesus Christus gekruisig is op Golgota. Maar waarom word dit “Goeie” Vrydag genoem indien iemand moes sterf? Daar word ook gekyk of die Bybel in sowel die Ou as Nuwe Testament iets sê van so ‘n gebeurtenis.

Jacqui January

17:00 - 18:00

Kontemporêre gospelmusiek.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: