High Heat (Reeks / Netflix)

High Heat (Reeks / Netflix)

Die reeks, HIGH HEAT, bied baie vir die voyeur of mense wat van mooi ouens hou, want dit konsentreer op die gespierde vleispaleise wat brandbestryding doen in Mexiko. Maar die regisseur se oog was op meer as net die dramatiese intriges.

Dit gaan nie net om vure doodslaan nie, maar om tweelingbroers wie se pa uit die tronk vrygelaat word. Terselfdertyd word een van die broers vermoor, en die ander besluit om ‘n brandbestryder te word, want hy het sy eie motiewe.

HIGH HEAT (Oorspronklike titel: Donde Hubo Fuego) is in Spaans met byskrifte. Die storie beweeg blitssnel, daar is gedurige verrassings, maar dis eintlik ‘n glansryke sepie vol aantreklike manne, as wat dit ernstig is oor brandbestryding. As jy net lekker wil kyk en geniet, dis niks besonders nie. HIGH HEAT is glansryk.