Hightown (Reeks)

Hightown (Reeks)

HIGHTOWN is ‘n rateltaai reeks met drie hoofkarakters, waarvan nie een aangenaam is nie. ‘n Lesbiese polisievrou ontdek ‘n vrou se lyk op die strand. Sy moet tussen vriend en vyand rondploeter om die skuldige vas te trek. Kan dit die skelm visserman met die sexy borselkop wees wat onwettig kreef vang? Ofis dit die lenige polisieman wat net-net in sy jeans pas? Weet hulle meer as ons?

HIGHTOWN, wat jy kan stroom, is verrassend met koel karakters wat nie omgee of jy aan hulle kant is of nie. Elkeen jaag om die skuldige te ontmasker, en die tempo woerts van strand na slaapkamer na rehabilitasiesentrum na polisieselle. Kyk dit as jy na hardebaardvermaak soek waar die onverwagse die reël is.