HONEST THIEF

HONEST THIEF

HONEST THIEF lyk nes al die ander Liam Neeson-flieks wat jy al gesien het. Ouballies laat nie met hulle speel nie, en hierdie taai grysaard met die omgeploegde land vir ‘n gesig, skop die kluts uit die jong laaities. Dis waar “die kluts kwytraak” eintlik vandaan kom, want in hierdie geval bestaan die kluts uit $9-miljoen. Neeson speel ‘n paradoks: ‘n eerlike dief. Hy wil al die geld teruggee wat hy gesteel het. Die rede: Hy raak op die pragtige Kate Walsh verlief. Vir haar sal baie manne tralies verduur.

Dis ‘n tipiese Liam Neeson fliek: dis die ene grys stoppelbaard, tollende wiele, koeëls wat soos Smarties oor die karakters spat en kwaai millennials met slegte gewoontes, en dit sluit nie hulle verslaafdheid aan sosiale media in nie. Jy weet wat om te verwag: HONEST THIEF sal jou doodeerlik van R100 beroof, maar dis waarde vir geld.