House (Reeks)

House (Reeks)

Baie mense het seker al met die formidabele, maar domastrante Dr. House (Hugh Laurie) kennis gemaak. Nes mens gedink het die reeks is verby, word dit heruitgereik. Dis gedurig in die top 10. Dr. House is ‘n aweregse, moedswillig en verbitterde dokter wat altyd antwoorde gee wat pasiënte nie wil hoor nie.

Al klink HOUSE na die soort dokter wat jy vir ‘n permanente wortelkanaalbehandeling wil stuur, raak jy gewoond aan sy skerp tong en onortodokse optrede, maar skerp brein. Feit is, al is sy diagnose dikwels veelbesproke, help hy om die pasiënte van rare siektes te genees. Maar daai tong looi sy kollegas en sommige pasiënte. As jy HOUSE nog nie gesien het nie mag dit jou verras. Die hele reeks is nou op Showmax. Hoop net dat jy nooit by hierdie dokter beland nie!