05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 08:00

Monitor

Met Anita Visser

Anita Visser

Volgende: 08:00 - 09:00

Praat Saam

Met Lynette Francis-Puren

09:00 - 11:30

alhoebekker

Met Amore Bekker

Tuis | Fliekrubriek | Human: The World Within (Reeks)

Human: The World Within (Reeks)

18 Junie 2021
8/10
13
Regisseur: Dan Bromfield
Akteur: Jad Abumrad

Ek dink nie enigiemand, behalwe die mees geniale wetenskaplike, verstaan wat regtig hier binne in ons liggaam aangaan nie. Hoekom word ons bang? Watter klier veroorsaak vrees? Kan mens daardie vrees leer beheer, hetsy deur hipnose of deur jou herhaaldelik aan so ‘n vreesaanjaende situasie te onderwerp? Maar ook: watter rol speel die ruggraat in die funksie van die brein en as die herleier van inligting en impulse na die res van die liggaam, en die sogenaamde veg-of-vlug-sindroom? Hoe word inligting, biljoene daarvan, van neoron na breinlob na emosie na instink gestuur? Dit is alles inligting vervat in hierdie insiggewende dokumentêr.

Nou luister, jy moet in die bui wees hiervoor en jou brein moet soos ‘n Rubik se kubus ingestel wees om ontledend na die dokumentêr te kyk. Dis nie ‘n woepsie-wapsie-doer-in-die-hoekie-dokkie nie. Jy moet dink en jou kop bymekaarhou.

HUMAN: THE WORLD WITHIN is net vir mense wat werklik belangstel in wat in die mees komplekse ding op aarde, ons liggame en veral die brein, gebeur, en wat verryk voel nadat hulle daarna gekyk het en per kamera deur die liggaam en brein gereis het, alhoewel ek net weet: my brein sal dit nooit regtig verstaan nie. Dis ‘n prikkelende dokkie as jy sat is van reekse oor mooi skelms en meisies in sjoebroekies wat met moord wegkom.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: