Indemnity

Indemnity

INDEMNITY klink dalk nie na die soort rolprent wat ‘n mens maklik sal aanbeveel nie. Dis die ene aksie, booswigte, jaagtogte en ‘n geskietery. Nou hoekom dit steeds op jou moet-sien lysie plaas? Want INDEMNITY, wat grootliks in Afrikaans geskiet is, het meer om die lyf as blote aksie. Dis tegnies, en veral wat waaghalstoertjies en vuisgevegte betref, van die beste aksieprente wat nog in grootliks Afrikaans gemaak is.

INDEMNITY gaan oor ‘n brandweerman wat sy makker in ‘n brandongeluk verloor het. Hy hou homself daarvoor verantwoordelik. Jarrid Geduld as Theo Abrahams word een oggend wakker, en sy vrou langs hom is vermoor. Wie het dit gedoen? Die res van die rolprent gaan oor booswigte wat hom probeer vermoor om ‘n bedrogspul toe te smeer. Wees verseker: as jy van aksie hou sal jy dit geniet. Dis goed om te sien dat ons plaaslik vir geen Amerikaanse fliek hoef terug te staan nie.