Julia (Reeks / Showmax)

Julia (Reeks / Showmax)

Mense vra dikwels: Beveel weer iets soos A MAN CALLED OTTO wat mens GOED oor die lewe laat voel. Waar jy saam met die mense lag, begrip het vir hulle dilemma en van die karakters hou. Kyk dan na JULIA. Dit gaan oor die televisiesjef, Julia Child, wat kookprogramme op televisie begin het.

Sy was ‘n blosende plesierige tante wat dit gewaag het om ‘n kookprogram op televisie te begin. Natuurlik het niemand geglo dit sal werk nie. Maar met haar sonnige geaardheid en vermoë om kos te maak én te kommunikeer, het sy die hele Amerika oorweldig. Dis op ‘n ware verhaal gebaseer, en is veral vir sjefs of mense wat net wil lag, meeleef en ontspan. JULIA sal jou na die sewende koshemel toe vat en terug.