Jungle Cruise

Jungle Cruise

JUNGLE CRUISE is gebaseer op ‘n Disneyland-pretparkrit. ‘n Onpaar paar (Dwayne Johnson en Emily Blunt) vaar op ‘n boot met die Amasone op om ‘n towerboom te soek, maar op pad soontoe ervaar hulle meer avonture as Indiana Jones en sy kleinnefie saam. Soos in The African Queen veg hulle nie alleen teen die rivier nie, maar teen wilde diere en stroomversnellings. Hulle swaai aan bobbejaantoue, maar daar is nie ‘n katspoegie se romanse tussen Blunt en Johnson nie. Johnson is nie baie tuis met romanse nie, maar dis een moewiese prettige plesierrit waar die onmoontlike alledaags word, en die spanning tussen die hoofkarakters, asook woeste avonture, die botoon voer.

JUNGLE CRUISE moet op die groot skerm in fliekteaters gesien word om dit behoorlik te waardeer, verkieslik in Imax.