Katla (Reeks)

Katla (Reeks)

Moet net nie probeer om die spelers se name uit te spreek met daardie akute oor die vokale en strepies deur die o’s nie. Katla is ‘n vulkaan wat laas in 2013 uitgebars het. En nou ruk en borrel dit weer. Maar die snaaksste is: Skielik verskyn daar nie een nie, nie twee nie, maar drie vroue van die roet besmeer uit die woestyn-vulkaaneiland. Wie is hulle ? Hoekom kan hulle niks onthou nie? En hoe oorleef hulle in ‘n wêreld wat huiwer tussen warm en koud? Weet net: As jy na ‘n reeks uit Ysland kyk met byskrifte, is die karakters soms so aardig dat jy tong lam word, vreemd, soms anderswêrelds en jy moet lees om by te bly. Daarom: waarom nie ‘n kans waag en aan die diep kant inspring met ‘n reeks wat heeltemal anders as die gewone TV-reeks is nie?