Klein Karoo 2

Klein Karoo 2

Ek, en ek moet beklemtoon dis my persoonlike mening (jy mag verskil), voel die storie het nie ‘n vervolg verdien nie. Daar is nie genoeg storie en insidente nie. En daar is dele wat woordryk en onnodig is en met vrug uitgesny kan word.

Sommige karakters (soos die Hykie Berg se skurk) verlaat ons te vroeg en dien geen doel nie. Nie al die akteurs oortuig in hulle rolle nie – mens kan sien hulle soek vleis om hulle karakters se bene, terwyl die draaiboek te uitgerek en geforseerd raak.

Maar dis my besware. Jy mag baie hou van die beeldskone Klein Karoo, die mooi mense, die gemaksone-dun storie en karakters, soos die gesaghebbende Tim Theron wat nare nuus uit die hospitaal kry, en die sterk meisie van sy drome (die altyd oortuigende en sjarmant-oulike Leandie du Randt wat net beter raak met elke rol). Moenie die oorspronlike Klein Karoo verwag nie. Dis verteerbaar, met die dun storienate wat soms lostrek tot by die te voorspelbare einde.

KLEIN KAROO 2 is nou op DSTV Box Office.