Last Seen Alive

Last Seen Alive

Die titel, LAST SEEN ALIVE, voorspel onheil. Wanneer die fliek begin, en Gerard Butler grom soos Liam Neeson, dan weet jy hierdie is nog ‘n wraakrolprent nes Neeson s’n. Daar’s nie ‘n oorspronklike idee van ‘n dag oud nie.

Sodra Butler en sy eksvrou by ‘n vulstasie stilhou, weet jy daar kom ‘n ding. En, soos te verwagte, verdwyn sy. Dit neem Butler 90 minute om vordering te maak. Intussen beweeg ons van cliché na cliché in ‘n desperate poging om tot by die einde te vorder. Al dié voorspelbaarheid maak LAST SEEN ALIVE ‘n waarskuwing dat teaters gaan swaarkry indien flieks soos hierdie gewys word. Dit moes reguit stroming toe gegaan het. LAST SEEN ALIVE val plat op sy sitvlak.