Latte and the Magic Waterstone (Rolprent / Netflix)

Latte and the Magic Waterstone (Rolprent / Netflix)

Die sewejarige Louis-Gert van Wyk (foto hieronder) het laat weet dat hy weekliks na my resensies op Monitor luister, maar hoekom praat ek nie oor sy gunsteling-animasiefliek, LATTE AND THE MAGIC WATERSTONE nie? Ek het gaan kyk, en self weer ses jaar oud geword. Dit herinner aan Sonic the Hedgehog, (het jy dit sal gesien Louis-Gert?) en vertel van ‘n krimpvarkie wat sy land van ‘n vreeslike droogte wil red, maar hy moet eers ‘n towersteen opspoor. Dis snaaks, opwindend, die animasie is anders en dit leer ons hoe belangrik water is.

Maar hoe voel Louis-Gert daaroor? “Ek hou baie daarvan, omdat daar ‘n eekhorinkie en ‘n krimpvarkie is en hulle het op ‘n avontuur gegaan om vir die diertjies te help om water te kry om die watersteen te gaan haal en die prentjies lyk baie mooi.”

Ek kan net sê ek stem volkome saam met Louis-Gert. LATTE AND THE MAGIC WATERSTONE sal veral kleuters laat bokspring van plesier.