LET HIM GO

LET HIM GO

LET HIM GO is vir 60% van sy speeltyd ‘n pragtige film oor ‘n Oupa en ‘n Ouma (Kevin Costner en Diane Lane) wat hulle kleinseun wil gaan red van ’n wrede stiefpa. Die liefde tussen twee oumense word pragtig weergegee. Maar dan maak die rolprent ‘n regsomkeer en is daar ‘n paar uiters gewelddadige tonele wat jou uit jou stoel sal ruk. Onthou dus: LET HIM GO is tot op ‘n punt ‘n dierbare, mededeelsame, sagte film oor oudword en om jou kleinseun te red. Maar boeta, as die bloedbad begin, vloei dit in liters. LET HIM GO word aanbeveel, maar jy gaan kyk op eie risiko daarna.