Lightyear

Lightyear

In die tekenprent LIGHTYEAR, sal die kleinspan die karakter, wat hulle as Buzz Lightyear in die TOY STORY-reeks ontmoet het, nou as volwaardige karakter in die ruimte sien. Daar beleef hy sy eie avonture en ontmoet robotte wat hom soms irriteer, soms bystaan, soms albei. Lightyear probeer sy bes om terug te keer aarde toe, want hy verdwaal in die ruimte.

Volwassenes sal net so lekker saamkyk, want die avonture is so goed geteken, dit voel of jy dit werklik sien, veral in IMAX. LIGHTYEAR is ideaal vir oud en jonk.