LITTLE FIRES EVERYWHERE (REEKS / SHOWMAX)

LITTLE FIRES EVERYWHERE (REEKS / SHOWMAX)

LITTLE FIRES EVERYWHERE spog met Regina King en Reese Witherspoon as twee ma’s aan verskillende kante van die dorp. Wanneer die swart ma een van die welvarende Witherspoon-karakter se huise huur, bots nie alleen die vroue nie, maar ook hulle gesinne. Woordkoeëls vlieg soos komete en verwond waar dit tref, maar dit laat albei ma’s besef waar hulle foute met hulle spruite gemaak het. Die reeks begin met ‘n huis wat afbrand. Wie het dit gedoen, en hoekom? Elke toneel stuur die storie in ‘n oorspronklike rigting. LITTLE FIRES EVERYWHERE is nié net op vroue gerig nie, want die manne kry dit ook hotagter.