Living with Yourself (Reeks)

Living with Yourself (Reeks)

LIVING WITH YOURSELF op Netflix sê presies waaroor die reeks gaan. Vind jy dit soms moeilik om met jouself saam te leef? ‘n Mens sal daardie stelling nie sommer erken nie, of hoe? Maar in hierdie komediereeks is daar ‘n knuppel in die stert. Ons held (een van die beste komediante in die bedryf, die seunsagtige Paul Rudd) word as ‘n bleeksiel gekloon, maar al sy foute en neurose word verwyder. Nou moet hy letterlik met ‘n ander weergawe van homself saamleef. Nie so maklik nie. Ek trek by episode 5 en die skrywers slaag steeds daarin om die reeks snaaks en vermaaklik te hou. Nie lekker om jouself elke dag as ‘n bleeksiel te sien, en jou nuwe weergawe is foutloos nie. Maar lekker is net ‘n vinger lank. En te veel van ‘n goeie ding is ook nie goed nie. Probeer LIVING WITH YOURSELF. Dalk vind jy dit haal die blou uit jou week.