19:30 - 20:00

Kompas

Met Hazel Janse van Rensburg

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

Radioteater

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Programskedule

Programskedule

Geen aanbieders

18:00 - 18:10

Die jongste plaaslike en internasionale nuus en weervoorspelling.

Ryk van Niekerk

18:10 - 19:00

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

Geen aanbieders

19:00 - 19:05

Die jongste plaaslike en internasionale nuus.

Geen aanbieders

19:05 - 19:15

Voorlesings van gewilde en klassieke boeke word weer uitgesaai vir herluister en opnuut geniet.

Geen aanbieders

19:15 - 19:20

‘n Inspirerende en ‘n bemoedigende boodskap.

Christelle Webb-Joubert

19:20 - 19:30

Die aktrise, omroeper en stemkunstenaar Christelle Webb-Joubert gee lewe aan verskeie gewilde boeke vir die jongspan.

Hazel Janse van Rensburg

19:30 - 20:00

Estel de Beer, die hoof van die mandaatprogramme by RSG, gee raad aan Gen Z oor wat kan bly en wat liefs moet gly as dit kom by kommunikasie in die werkplek.

Geen aanbieders

20:00 - 21:00

TAAISPUL deur Madeleine Venter
Regie: Mari Snyman
Ou liefde roes nie, lui die spreekwoord. As dit jou het, het dit jou. Daar is nie wegkomkans nie. Die liefde is ‘n taaispul. Dirk kry op sy oudag spyt oor die skoolliefde wat hy 40 jaar gelede deur sy vingers laat glip het. Hy glo vas dat die glibberige Eben destyds vir Lea van hom afgerokkel het, en besluit dat dit nou die tyd is om haar terug te wen. Die eksentrieke Katrien, ‘n Help-‘n-senior-vrywillige, help hom – teen betaling natuurlik. Sal Lea haar man, Eben, los vir Dirk? Dirk glo die inligting wat hy oor Eben het, sal Lea oortuig.

Die spelers is Anton Dekker, Anton Schmidt en Elma Potgieter. Die jonger weergawes van die karakters is vertolk deur Charlie Bourguenon, Izel Bezuidenthout en David Louw.

TAAISPUL is die wenner van die derde prys in RSG se 2023 radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Geen aanbieders

21:00 - 21:10

Die jongste plaaslike en internasionale nuus en weervoorspelling.

Geen aanbieders

21:10 - 21:20

Nuwe en klassieke werk, wat volwasse temas en taal kan insluit, word voorgelees vir die luisteraar wat ook luisteruitdagings waardeer.

Terrance April

21:20 - 22:10

Luister na ‘n aria uit Francesco Cavalli se ORMINDO, ‘n drie-bedryf opera waarvan die libretto geskryf is deur Giovanni Faustini. Dit handel oor die verbode liefde tussen Prinses Amida en Ormindo, en speel in Mauritanië af.

Albert Lortzing is ‘n Duitse komponis wat geleef het van 1801 tot 1851. Hy word gesien as die vader van die Duitse spieloper. Van sy werke is ZAR UND ZIMMERMAN en DER WILDSCHUTZ. Ander bekende ligte operas is REGINA, na wie se overture ons luister.

Onms luister ook na ’n deel uit ‘n simfonie van Muzio Clementi. Hy was ‘n komponis, pianis, onderwyser, dirigent en musiekdirekteur. Hy het hoofsaaklik soloklavierwerke gekomponeer, maar ook talle simfonieë waarvan ‘n groot hoeveelheid ongelukkig verlore gegaan het. Ander komponiste van sy tyd asook later soos, Beethoven, Czerny en selfs Liszt het groot bewondering vir sy werk gehad, en daar word geglo dat hy hulle sterk beïnvloed het.

Shahieda Carlie

22:10 - 22:30

‘n Besprekingsprogram oor Islam en die Koran.

Jacques Arendt

22:30 - 23:00

Musiek van RSG se speellys.

Geen aanbieders

23:00 - 23:10

Die jongste plaaslike en internasionale nuus en weervoorspelling.

Jacques Arendt

23:10 - 23:59

Tjilmusiek vir die laataand.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: