Love & Gelato

Love & Gelato

Die titel sê alles. En dan kry dit nog ‘n goeie resensie boonop!. As ek sê LOVE & GELATO, waaraan dink jy? ‘n Romantiese komedie, reg? Italië so beeldskoon soos jy hom altyd in prentjies sien? En roomys wat die liefde verhit in plaas van afkoel. Dis ‘n voorbeeld van ‘n voorspelbare romanse wat so mooi verfilm is, jy trap in elke slaggat en swik nie eers nie. Dis sommer net lekker om mee te ontspan.

LOVE & GELATO gaan oor ‘n meisie wat haar ma se verlede in Rome en Florence naspeur. Daar ontmoet sy die gewone verdagtes: ‘n prikkelprins met ‘n opgejelde kuif, en ‘n bleeksiel sjef wat haar sielsgenoot is. Maar sal sy haar roomys gou genoeg klaar eet en hom waardeer? LOVE & GELATO op Netflix is ‘n verskoning om tuis te bly en die aand sommer net gemaklik om te fliek.