23:10 - 23:59

Geestesgesondheid

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Woensdag)

Volgende: 05:00 - 05:30

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:30 - 05:55

Musiek op RSG

Tuis | Fliekrubriek | Love Sarah

Love Sarah

7 Mei 2021
7/10
13 L
Regisseur: Eliza Schroeder
Akteurs: Candice Brown, Shelley Conn, Shannon Tarbet, Celia Imrie, Rupert Penry-Jones, Bill Paterson

LOVE SARAH, vernoem na die heldin se oorlede ma, is een van daardie lippe-aflek flieks, nie noodwendig baie goed nie, maar so smaaklik opgedis, dat jy kwyl vir nog. ‘n Vrou wil haar ma se ideaal verwesenlik om haar eie bakkery te open. Haar ouma moet egter die geld voorskiet, en dis waar die bakpoeier van die eiers geskei word. Wanneer hulle uiteindelik met koffie en kolwyntjies probeer, flop die restaurant. Maar ná ‘n onverwagse gebeurtenis kom hulle met ‘n meesterplan te voorskyn om die restaurant teen ander koffiewinkels te laat kompeteer dat die koffiebone kreun. En dis hierdie slenter wat jou mag oorreed om fliek toe te gaan, en lus te maak vir eksotiese soetgoed.

Dis so lekker soos om oornag in ‘n sjokoladewinkel toegesluit te word. Die karakters is sjarmant, spesiaal geskep om die kyker te bevredig, en meelewend. Die fliek is aan die kunsmatige kant, en mens sien dwarsdeur die rolprent se sjarme en doelwit reg van die begin af, maar jy gee jou gou daaraan oor terwyl jy die room van jou mond afvee. Jy kyk hoe kolwyntjies geskep word en allerhande vreemde disse deur mense, wat jou vriende word, opgetower word. LOVE SARAH is veral vir vroue wat graag met soetgoed eksperimenteer en wens dat ‘n Italianer in haar kombuis sal verskyn, stoppelbaard en al, en betowering bring. Maar ai, die kalorieë.

LOVE SARAH as jy sommer net wil laag lê en vrolik raak oor die sondige lekkerte van suiker.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: