LUTHER

LUTHER gaan oor Martin Luther, die 16e eeuse hervormer wat die Christelike hervorming gelei het. Dis ‘n ernstige kunsfliek, sorgvuldig nagevors, professioneel geregisseer, en dit werp nuwe lig op die godsdiensstryd gedurende die 16e eeu. Joseph Fiennes is Luther. Dwepery met godsdiens, valsheid van die kerk en Luther se vasberade volharding en geloof is die temas. LUTHER kry 7 uit 10.