Maid (Reeks)

Maid (Reeks)

MAID gaan oor ‘n vrou (die uitstekende Margaret Qually) wat van haar chauvinistiese man (Nick Robinson) vlug. Hy mishandel haar. Sy word gedwing om ryk vroue se huise skoon te maak, vandaar die titel, maar die meeste vroue behandel haar soos vuilgoed. Sy het boonop ‘n dogtertjie wat die howe by haar wil wegneem. Hoe gaan sy oorleef?

MAID is eintlik ‘n taai huldeblyk aan ‘n vrou wat alles, behalwe haar stofsuier, verloor het. Dit wys hoe sy, in weerwil van vele struikelblokke, steeds voortbaklei. Niks kry haar onder nie. Uiteindelik kruip sy en haar vasbeslote koppigheid onder ‘n mens se vel in, want hoeveel afranselings deur die lewe en mishandelings kan een vrou oorleef? As jou motivering en liefde vir jou kind sterk genoeg is, BAIE.

MAID sal jou deur ander oë na werkers, wat afgeskeep en swak behandel word, laat kyk.